Job Summary WERWING / RECRUITMENT StaffworX Recruitment PLAASBESTUURDER Vrugte Oos-Kaap 'n Mededingende vergoedingspakket ±R35000-R50000, wat behuising en lidmaatskap tot 'n aftree- en mediese fonds insluit, ens. word gebied. Ons kliënt met 10+ welbekende produksie plase en pakhuise benodig die dienste van 'n bedrewe bestuurder op een van hulle vrugte plase. Geskikte ondervinding sal insluit die verbouing van steen- en/of POME vrugte bv. mango, appels, pere, sitrus op ±105 hektaar. Die posbekleër sal aan die Afdelingsbestuurder verantwoordelik wees vir die doeltreffende bestuur en finansiële sukses van dié plaas. Goeie ondervinding in die verbouing van vrugte is 'n vereiste, terwyl 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie die aansoek sal versterk. Die suksesvolle kandidaat beskik oor bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede en sal gekenmerk word deur dryfkrag, selfstandige optrede en die vermoë om ondergeskiktes te motiveer en produktiwteit te optimaliseer.